God se Woord VARS vir jou Vandag

Saai Saad van Vrede

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2252

Send us a text

Jakobus 3:18 Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. (NLV)

Die hoofrede waarom ons onsself in konfliksituasies bevind, is omdat ons een ding wil hê, en die ander persoon die teenoorgestelde begeer. Dit is 'n resep wat ongetwyfeld tot konflik lei. 

Trots, ego's en selfsug werk pragtig saam om die menslike kruitvat te laai. Ons steek viervoet vas, die ander party doen dieselfde en ‘kaboem’, daar het jy dit. Konflik.

Jy sou gedink het dat ons nou al geleer hoe om nie in daardie lokval te beland nie, maar kyk net - hier is ons steeds. Dit is nou die tyd om te leer hoe om konflik te verhoed. Ons lees in:

Jakobus 3:18 Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. (NLV).

Dis 'n interessante konsep om op 'n vreedsame manier vrede te bewerkstellig. Stel jou net vir 'n oomblik voor wat sal gebeur as ons eerder vrede wil maak as om op 'n oorwinning aan te dring. 

Vrede skep 'n wen-wen situasie. Dit is verstommend hoe dikwels konflik uit 'n eenvoudige misverstand ontstaan, wanneer twee mense uit verskillende perspektiewe na dieselfde kwessie kyk. Ek het al dikwels gesien hoe mense stry, terwyl hulle eintlik saamstem, en dieselfde ding, in wat ek ‘n gewelddadige ooreenkoms noem, op verskillende maniere vir mekaar sê. Wen-wen is die beste soort vrede.

Maar soms kom vrede teen ‘n prys. Soms moet een party ingee, sodat die ander kan wen. As jy in nederigheid toegee, is dit nie so 'n slegte ding nie, maar hoe dinge ook al afloop, onthou dit:

Die vredemakers saai saad van vrede; hulle oes omdat hulle reg lewe voor God. 

Om die vredemaker te wees, is nie altyd maklik nie; dit kan pynlik wees, dit kan verlies behels. Maar God sê dat Hy die vredemakers seën.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY