God se Woord VARS vir jou Vandag

Selfsugtige Motiewe

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2254

Send us a text

Jakobus 4:2,3 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. 

Partykeer as jy iets in hierdie wêreld wil hê, moet jy dit net vat. Soms moet jy stoei en wen om te kry wat jy wil hê. En hierdie manier van dink… dit is wat ons in soveel moeilikheid laat beland.

Wou jy al ooit iets hê wat iemand anders het? Het jy al ooit die behoefte gevoel om iets te neem wat nie regmatig joune is nie? Want jy verdien dit mos?

Jy verdien tog die krediet vir daardie groot prestasie by die werk, niemand anders nie. Jy verdien dit. Jy het hard gewerk, dus verdien jy 'n groter huis of 'n mooier motor, en om dit te kry, gaan maak jy berge skuld, want jy verdien baie meer as wat jy nou het en jy verdien dit beslis meer as die volgende persoon. Sê my, hoe goed het dit in die verlede vir jou gewerk, hm?

Jakobus 4:2,3 Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.

Dis ‘n feit soos ‘n koei, nè?

Ons wil dit alles vir onsself hê, vir ons plesier, of ons dit van iemand anders neem, en of ons dit van God eis. Wanneer gaan ek en jy uiteindelik leer, dat selfsugtige uitbarstings nooit, ooit vir ons gaan gee wat ons wil hê nie? O, dit mag tot korttermyn bevrediging lei, maar glo my, nooit tot langtermyn bevrediging nie.

Hou op om so verbrands selfsugtig te wees, verneder jouself voor God en vra Hom vir goeie dinge wat tot sy eer na ander mense se lewens kan oorspoel.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY