
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Vir Ons . . .
2 Korintiërs 5: Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Daar is tye in ons lewens wanneer ons iets vir iemand anders moet doen, iets wat baie van ons sal vra; iets wat baie opoffering sal behels. En sonder uitsondering maak dit seer.
Jy het dit seker soos ek, ook al ervaar. En voor die einde van ons lewens het ons ongetwyfeld ook nog 'n paar van dié offers om te bring. Ja, maar kan jy jou vir 'n oomblik indink wat dit gevra het om die laste van die hele wêreld op jou skouers te neem?
Ons weet hoe moeilik dit kan wees om die laste van net een persoon te dra; en twee of drie op dieselfde tyd kan ondraaglik wees. Nou praat ons van die hele wêreld. Regtig? Maar dit is presies wat Jesus vir jou en my gedoen het toe Hy aan die Kruis gesterf het.
2 Korintiërs 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Jesus het aan die Kruis al die sondes van al die mense wat op daardie tydstip op die aarde geleef het; dié wat reeds gesterf het en ook dié wat nog sou lewe, op Homself geneem. Dit was nie genoeg dat Hy fisies op so 'n ontstellende manier moes ly nie. Nee. Hy het die sondes van die wêreld fisies gedra, ‘n daad wat ons op geestelike en emosionele vlak onbegryplik vind.
En hoekom … hoekom het Hy dit gedoen? Sodat ek en jy in Christus deur God vrygespreek kan wees.
Sodat ons ons lewens na die voet van die Kruis kan neem, en vergewe kan word. Sodat ek en jy deur geloof in Jesus vrygemaak kan word om die mense te word wat Hy ons geskape het om te wees. Dit is die goeie nuus van Jesus.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.