God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Appèl tot jou

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2256

Send us a text

2 Korintiërs 6:1 As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.. 

Hoe dikwels het jy al gehoor van mense wat miljoene, selfs biljoene dollars met loterye gewen het en wat al die geld verkwis het? Wat 'n droom - om miljoene te wen. . .Maar wat 'n tragedie, om dit alles te verloor.

Weet jy, 'n onlangse studie het bevind dat van die mense wat groot bedrae geld gewen het, 70% van hulle, alles binne vyf jaar verkwis het. Ek weet wat jy dink. Hoe kan mense so dom wees?

Maar hier lê die knoop. Ons twee, ek en jy, as jy in Jesus glo, het baie meer as ‘n lotery gewen. Tonne geld? Dit klink wonderlik, maar jy weet tog jy kan dit nie saamneem nie. . . 

Maar die genade van God deur Jesus Christus; die vergifnis; die krag van die Heilige Gees om 'n nuwe lewe hier op aarde te lei; en die vrye gawe van 'n ewigheid in God se Teenwoordigheid … dit is soveel meer werd as enige speeldingetjie of besittinkie wat hierdie wêreld ooit kan bied.

Maar hoeveel mense verkwis nie daardie onbegryplike groot geskenk nie? Blykbaar nogal baie. Kyk wat die apostel Paulus in die 1ste eeu nC hieroor geskryf het in:

2 Korintiërs 6:1 As medewerkers van God doen ons 'n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.

Paulus het aan 'n kerk wat vrot van die sonde was, geskryf. Daar was soveel verdeeldheid en twis in die kerk, dat dit duidelik was, dat hulle besig was om die onbegryplike groot gawe van God se genade, te verkwis.

My vriend, Jesus het jou sonde op sy skouers geneem toe Hy vir jou aan die Kruis gesterf het. Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. (2 Kor.5:21) Daardie groot liefdesdaad het ewige gevolge. Moenie dit verkwis nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY