God se Woord VARS vir jou Vandag

Nou Is Die Tyd

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2257

Send us a text

2 Korintiërs 6:2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. 

Hoe dikwels stel ons iets uit wat ons geweet het tot ons voordeel sal strek? Hoekom het ons om een of ander rede nooit genoeg aandag daaraan gegee nie? Ja, dis reg, ons het net eenvoudig nooit daarby uitgekom nie.

Dit klink maar alte bekend, nè? Ek praat nou met myself! Ek vind dit maklik – eintlik baie maklik – om heeldag op my sitvlak te sit en werk, en om een van die belangrikste dinge wat ek vir my gesondheid kan doen - naamlik om op te staan en te beweeg - na te laat.

Hoe lyk jou lewe? Watter goeie ding het jy oor en oor uitgestel? Sê my, het jy 'n goeie verskoning?

Vir baie mense is die saak wat hulle aanhou uitstel, die hantering van sonde in hul lewens; hulle woede, hulle verslawings, hulle vyandigheid, hulle … wel, daar’s is 'n lang lys, kies maar. . . Maar wat doen ons? Ons maak verskonings: Ek is net te besig om dit te hanteer. Ek sal later daarby uitkom. . .

Ek gaan vandag in liefde met jou praat – maar, laat my toe – om jou te gryp en jou deeglik te skud. Kyk wat staan in:

2 Korintiërs 6:2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.

Op daardie dag toe jy na God geroep het, het Hy jou gehoor, nie waar nie? Hy het jou gehelp, Hy het jou gered, nè? Maar sedertdien het sonde ingesluip en aan jou gevreet. Wag nou, ek sal dit anderdag hanteer … 

Word wakker! Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. Moenie God se genade verkwis nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY