God se Woord VARS vir jou Vandag

Wat Maak God se Hart Bly?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2258

Send us a text

Psalm 147:11,12 Die Here verheug Hom in hulle wat Hom dien, in dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde. Prys die Here, Jerusalem! Prys jou God, Sion! (NLV) 

Het jy al ooit gewonder, "Wat bring vir God vreugde?" Ons is na sy beeld gemaak en ons ervaar vreugde in ons lewens. Ons maak dus die afleiding dat God ook vreugde moet ervaar.

Wat 'n fassinerende vraag. Wat bring vir God vreugde? En dan vra ons onsself af: Wat kan ék doen om Hom vreugde te bring?

Behoort dit nie ons grootste begeerte te wees nie? Ek weet ek wil dinge doen wat my vrou se hart bly maak. En wanneer my kleindogter by my voordeur instap, weet ek dat Oupa graag haar lewe met vreugde wil vul. Weet jy, ek neem selfs my hond vir 'n wandeling, want ek weet sy geniet dit. Nouja … waarom nie vir God vreugde bring nie?

Wel, as jy gewonder het hoe om dit te doen, hier is die antwoord:

Psalm 147:11,12 Die Here verheug Hom in hulle wat Hom dien, in dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde. Prys die Here, Jerusalem! Prys jou God, Sion! (NLV)

Kan dit regtig so eenvoudig wees? Moet ons net vir God dien en op sy troue liefde vertrou?

Ja, maar hoe maklik is dit nie om te dink dat jou aanbidding van God ná 'n uur of wat op 'n Sondag, afgehandel is nie? En hoe maklik is dit om te vergeet om op God se getroue liefde te vertrou wanneer ons 'n paar hobbels en slaggate in die pad tref, of wanneer ons voel dat ons op die rand van 'n afgrond staan?

Luister na my: God smag daarna om deel van jou lewe te wees. God geniet jóú as deel van sy skepping. Hier is die geheim: Hier is iets wat nie net vreugde in God se hart sal bring nie, maar jou lewe ook radikaal sal verander: vestig jou hoop op sy troue liefde. Prys die Here. . .! Prys jou God!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY