God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Boodskap

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2260

Send us a text

Jesaja 61:1 Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, 

Dis lekker om goeie nuus te ontvang, dit maak nie saak wat in ons lewens aangaan nie. Maar die beste tyd om goeie nuus te kry, is wanneer dinge nie so goed gaan nie; wanneer ons daar onder in 'n gat, eerder as op 'n bergtop, is.

Ek weet nie wat jou omstandighede tans is nie, maar jy kan absoluut seker wees dat God baie beslis daarvan weet. En as jy dalk vasgevang is in 'n plek waarin jy, as jy kon kies, jy nie sou wou wees nie, dan is dit nou beslis die regte tyd om goeie nuus te ontvang.

God weet dit. Daarom het God die profeet Jesaja na Israel, wat op daardie stadium reeds vir drie geslagte as slawe in ballingskap in Babilon gesit het, gestuur, om dít vir hulle te sê:

Jesaja 61:1 Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is,

En dink net, omtrent 700 jaar later, het Jesus aan die begin van sy openbare bediening, daardie spesifieke Skrifgedeelte gekies om by die plaaslike sinagoge te lees. Toe Hy klaar was, het Hy gesê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul. Met ander woorde, Hy het gekom om goeie nuus aan die armes te bring, om diegene wat hartseer is, te troos en om vir die gevangenes te vertel dat hulle vrygelaat is.

My vriend, dit maak nie saak waar jy is nie, hoe vasgevang jy mag voel nie; maak nie saak waarmee die wêreld jou probeer beproef nie … Jesus het vir jóú gekom. En ek smeek jou vandag om sy belofte met albei hande vas te gryp en styf vas te hou. Jesus het gekom om vir jou hierdie goeie nuus te bring.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY