God se Woord VARS vir jou Vandag

Bring dit aan die Lig

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2262

Send us a text

Johannes 3:21 Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” 

Wanneer ons iets het om weg te steek, behels dit gewoonlik sonde. Nie altyd nie, maar die meeste kere. As jy iets het wat jy vir mense wil wegsteek, dan is die belangrikste vraag wat jy jouself moet afvra: "Hoekom wil ek dit wegsteek?"

Gister het ons gekyk na die verdagte transaksies waarby mense betrokke raak. Hulle haat die lig, het Jesus gesê, want dit sal hulle bose dade blootlê. Dit is 'n waarskuwingsein vir my. Watter dinge waarmee ons besig is, sal ons in die skande steek, as dit aan die lig gebring en openbaar gemaak word?

Johannes 3:21 Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Jesus het gesê: Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Die “ware weg” is dus die weg van dié wat Jesus volg. 'n Groot deel van jou groeiproses in Christus, is om uit die duisternis, na die lig te stap. Wat beteken dit?

Kan ek jou vandag vra, watter dinge in jou lewe doen jy, wat jy sou verkies om verborge te hou? Komaan, wat is hulle? Wel, dit is tyd om hulle aan die lig te bring.

Al is ek die Hoof Uitvoerende Beampte van ons bediening, word ek deur ’n sterk en onafhanklike direksie aanspreeklik gehou; ons het 'n eksplisiete gedragskode. Ons het selfs 'n veilige fluitjieblaserbeleid, wat vereis dat enigiemand in die bediening hul bekommernisse met die voorsitter van ons direksie moet deel. Waarom?

Want dit is daar om my aanspreeklik te hou. Dit beteken dat daar toesig is om seker te maak dat my optrede en my gedrag daar buite, in die lig is; sodat daar nie verborge dinge in my lewe is wat in die duisternis uitbroei nie.

Wat het jy nodig om aan die lig te bring?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY