God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Vryspraak van God

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2263

Send us a text

Filippense 3:9 ...sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo. 

Enige huwelikspaar sal vir jou vertel dat argumente een ding is, maar wanneer jy daardie onenigheid vir ‘n lang tyd in stilte laat broei, word dit 'n ramp. Dit is die pad na ‘n egskeiding.

In baie opsigte is dit dieselfde in ons verhouding met God. Daar gaan tye wees wanneer ons Hom teleurstel. Hopelik kom dit vandag minder voor as wat dit miskien vyf jaar gelede voorgekom het. En soos ons meer en meer soos Jesus word, sal dit oor vyf jaar nog minder kere voorkom.

Maar as ons, wanneer ons teen Hom sondig, toelaat dat dae, weke en selfs maande verbygaan sonder om terug te draai en om sy vergifnis te vra … dan loop ons verhouding 'n ernstige risiko om op die rotse te loop.

Indien jy ooit in daardie situasie is, hou vas aan hierdie kragtige en bemoedigende versie wat jou sal herinner dat jy altyd ... altyd na Hom kan terugdraai en sy vergifnis kan vra.

Filippense 3:9 ...sodat ek Christus as wins kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat 'n mens in Hom glo.

Ons vryspraak voor God hét nooit en sál nooit bepaal word deur ons vermoë om die regte dinge te doen nie. Ons vryspraak voor God kom slegs deur ons geloof in die feit dat Jesus gesterf het, om die prys vir ons sonde te betaal, en dat Hy weer opgestaan het, om ons 'n nuwe, ewige lewe te gee. Dit is 'n gratis geskenk van ons Vader in die hemel, aan die kinders vir wie Hy lief is.

Moet nooit bang wees om na God terug te draai en Hom om vergifnis te vra nie. Dis hoekom Jesus vir jou gesterf het!

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY