God se Woord VARS vir jou Vandag

Ken Christus en Wees Soos Hy

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2264

Send us a text

Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood 

Ek het al dikwels oor die jare gewens dat ek, as pa, aan my kinders die wysheid van my jare lange ondervinding en dit wat ek vir hulle kan doen, kan oordra.

En dit is maar hoe vaders is, nè? Maar as ek, as sondige mens daardie begeerte kan hê, hoeveel te meer het ons Vader in die Hemel nie daardie selfde begeerte nie?

En hoeveel meer suksesvol, dink jy, sal Hy wees, as wat ek ooit kan wees? Wysheid en krag. Dit is om daardie rede dat die apostel Paulus, aan sy vriende in Filippi skryf: 

Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood.

Paulus smag daarna om Jesus te ken en die krag wat Hom uit sy dood opgewek het, te smaak. Hy smag daarna om sy Here en Verlosser so intiem en so persoonlik te ken, dat die onbegryplike groot krag, daardie Heilige Gees krag wat Jesus uit die dood opgewek het, in hom, in sy lewe, in sy bediening en in sy wandel, aan die werk sal wees.

...Maar nou kom die tweede helfte van daardie vers:

en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood.

Wanneer ervaar ons meer van God se krag? Daar is geen plek, geen tyd in ons lewens waar ons sy krag so daadwerklik beleef, as wanneer ons in lyding verkeer nie. Ons weet dat Hy gedurende daardie tye sy magtigste karaktervorming in ons doen. Ja, wanneer ons dit nodigste het, sal Hy meer as enige ander tyd, sy krag vrystel.

Om Christus te midde van lyding te ken, is om soos Christus te wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY