God se Woord VARS vir jou Vandag

Ware Hoop

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2265

Send us a text

Filippense 3:10,11 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. 

Krag en lyding is nie woorde wat ons so dikwels in een sin gebruik nie. En tog wanneer ons swaarkry, is dit juis wanneer ons God nodig het om sy onbegryplike groot krag in ons vry te stel.

Gister het ons gesels oor Paulus se begeerte om Christus te ken en die krag wat Hom uit die dood opgewek het, te hê. Opstandingskrag. Heilige Gees krag. Ons kan almal 'n dawerende halleluja en amen daarop sê!

Maar die kinkel in die kabel kom in die laaste deel van die versie, wanneer hy kom by die idee van lyding. Is dit nou regtig nodig, Paulus?

Filippense 3:10,11 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood.

Ag nee man, moes jy dit nou kom bederf deur lyding daarby te voeg? Maar ons weet almal dat lyding in hierdie gevalle sondige wêreld waarin ons leef, 'n realiteit is.

En weet jy, God het self lyding ervaar toe Hy ter wille van ons na die aarde gekom het om as mens te lewe en aan die Kruis te ly. Maar Hy het nie daar aan die kruis vasgespyker, of dood in die graf gebly nie, want die dood kon Hom nie vashou nie. Dit is daardie opstanding waarna Paulus smag, daardie wonderlike belofte waarop hy sy hoop vestig.

En dit is dieselfde opstanding uit die dood waarna ek en jy kan uitsien wanneer ons tyd hier op aarde verby is. My vriend, wanneer jy dus swaarkry, soos jy, voordat jou tyd verby is, ongetwyfeld sal, smag na Christus. Ja, smag om soos Hy te wees in sy lyding, want jy kan, wanneer jou lydensdae verby is, op die rotsvaste, sekere hoop van jou opstanding, die ewigheid lewe, vertrou. 

Verlang na Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY