God se Woord VARS vir jou Vandag

Dit is Jou Super Kragbron

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2272

Send us a text

Kolossense  3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe 

Ek is anderdag stomgeslaan deur iets wat Des Ong, vir my gesê het. Hy het gesê: "Ek is moeg daarvoor dat mense 'emosionele intelligensie,' of EQ, as 'n mindere vaardigheid bestempel. Nonsies! Emosionele intelligensie is jou superkrag!” Beslis!

Nouja, ons is almal anders. My IK is heel oukei, maar ek het beslis ontdek dat my EQ (my emosionele intelligensie) beslis nie so wonderlik is nie.

Ander mense is gelukkig minder krities as wat ek is in die  veroordeling van myself, maar ons weet almal dat ons tekortkominge het - elkeen van ons. En dit is, ag so maklik, om ons tekortkominge te regverdig, om grappies, of verskonings oor hulle te maak.

Ek is heeltemal eerlik teenoor jou. Ek sal altyd my talent in die veld van emosionele intelligensie om daardie rede, onderbeklemtoon, maar ek probeer terselfdertyd om dít wat God in sy Woord vir my gesê het, doelgerig uit te leef. Wat van jou? Oorweeg dit aan die hand van:

Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Ons moet ophou om verskonings vir ons gebreke te maak - ons is immers deur God uitgekies en geliefd; ons is sy uitverkore volk. En waarna sou jy sê verwys hierdie Skrifgedeelte? Dis reg, emosionele intelligensie. Betoon genade. Wees vriendelik, nederig, saggeaard en geduldig, moenie gedurig kwaad word nie, wees vergewensgesind.

Hoe ontwikkel jy jou emosionele intelligensie? Begin hier by hierdie goeie raad. Net hier in God se Woord. En, hou tog dadelik op om verskonings te maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY