God se Woord VARS vir jou Vandag

Wis die Vlek Uit

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2280

Send us a text

Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. 

Wanneer jy iets doen wat jy voor jou siel weet, is verkeerd, talm die realiteit van daardie sonde soos 'n bloedvlek op 'n wit lap. Dit voel onmoontlik om daarvan ontslae te raak - die skuldgevoelens vreet aan jou siel soos 'n kanker.

 

Dit is 'n nare prentjie, nè? Maar daar is niks nuuts aan nie. In een van Shakespeare se beroemde werke, kyk Lady Macbeth, wat deur die skuld van moord verteer word, na haar bloedbevlekte hande en roep “Gaan uit vervloekte vlek! Uit sê ek.”

 

Daardie begeerte na vryskelding; die begeerte dat die verkeerde daad ongedaan gemaak moet word en die skuld uitgewis moet word, is universeel en deel van die menslike bestaan. Dit verduidelik waarom God die Vader bereid was om die drastiese stap te neem om sy toestemming te gee, dat sy Seun namens ons gekruisig word.

 

Maar hoe werk dit? Kan ons ooit van ons sonde vrygespreek word? Kan ons ooit werklik vry wees van die skuldgevoelens wat aan ons gebeente vreet? Of is ons, soos Lady Macbeth, tot in alle ewigheid gedoem tot die gevolge daarvan?

 

Maar kyk wat God vandag vir ons oor daardie vernietigende dilemma sê:

 

Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.

 

Daar is een plek – net een – waar daardie vlek verwyder kan word. Daar is een Persoon – net Een – wat jou daarvan kan reinig. Jesus, die Seun van God, wat gesterf het om vir jou sondes te betaal. En wanneer ons in Hom glo, is ons sondes vergewe. Heeltemal.

 

Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.

 

Glo in Christus en Christus alleen.

 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY