God se Woord VARS vir jou Vandag

Deel Dit!

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2282

Send us a text

Jeremia 20:9 En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie. 

Omdat dit deesdae so moeilik is om openlik van God se liefde, in Jesus Christus te praat, het baie Christene opgehou om te getuig. En tog is daar iets binne-in ons wat, wel, jy weet …

Het jy die afgelope tyd gesukkel om die goeie nuus van Jesus met ongelowiges, te deel? Het jy dalk, al 'n bietjie sku geword, omdat jy al so dikwels stilgemaak is?

Die waarheid is dat baie Christene stil geword het. En so word die Goeie Nuus van Jesus gekniehalter; die Evangelie van vergifnis en bekering word nie gedeel nie.

Ek praat nie hier van predikers nie. Nie almal is daartoe geroep om te preek nie. Ek praat ook nie daarvan om, soos sommige vuur-en-swawelpredikers, godsdiens in mense se kele af te druk nie. Nee. Ek verwys na die eenvoudige, natuurlike, liefdevolle en vriendelike oordra van die Jesus-verhaal – nie slegs deur ons woorde nie, maar ook deur ons dade.

Die Ou Testamentiese profeet Jeremia het ook hierdie probleem ondervind toe hy geskryf het in:

Jeremia 20:9 En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.

Mag die Woord van Christus soos 'n vuur, wat binne-in jou brand, diep in jou hart, diep in jou gebeente, wees. En my gebed vir jou is dat jy moeg sal word om die vuur te onderdruk; dat jy dit in jou eie ruimte, op jou eie manier, met jou eie gawes – op een of ander manier – sal deel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY