God se Woord VARS vir jou Vandag

Onbillike Liefde

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2290

Send us a text

Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was 

Sommige mense hou nie van jou nie. Dit voel so onredelik en so onregverdig. Ja, ek weet geen mens kan, ten spyte van al jou pogings, almal tevrede stel nie. Maar dit maak seer wanneer jy verwerp word. Dis tog lekker as mense van jou hou!

 

Dit is maar net die wrede waarheid - sommige mense hou nie van jou nie; sommige haat jou selfs. Soms is dit geregverdig, soms is dit, wel, indien dit nie geregverdig is nie, miskien tog verstaanbaar, maar soms is dit sommer net onomwonde onregverdig.

 

As ek vinnig moet dink, sou ek sê ek kan 'n halfdosyn mense opnoem wat regtig nie van my hou nie. Daar is ongetwyfeld baie meer as dit. En ja, in sommige gevalle, gegewe my gedrag oor die jare, is dit geregverdig of ten minste verstaanbaar. Maar in sommige gevalle is dit beslis onregverdig.

 

En wat nou gedaan? Hoe hanteer jy dit? Laat jy dit aan jou vreet, of hanteer jy dit? En as jy besluit om dit te hanteer, presies hoe hanteer jy dit?

 

Die apostel Paulus het dit so gestel in:

Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

 

Ek weet nie van jou nie, maar wanneer ek stil word en dit herkou, en wanneer ek toelaat dat die Heilige Gees my hart deursoek, oorweldig dit my. God het elke rede gehad om my te haat. Hy het vandag nog steeds! En ek vermoed, dat wanneer jy aan alles dink wat jy in jou lewe gedoen het, voel jy ook baie skuldig. Maar in plaas daarvan om ons te straf, stuur Hy Jesus om te sterf, om vir óns sonde te betaal, as die grootste van alle liefdesverklarings. 

 

Die Amerikaanse teoloog R.C. Sproul het dit so gestel: "Wanneer ek dink ek word onregverdig gehaat, probeer ek onthou dat ek onregverdig geliefd is."

 

Dis hoe jy dit hanteer!

 

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY