God se Woord VARS vir jou Vandag

Om God te Behaag

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2293

Send us a text

Matteus 14:6-10 Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in 'n skottel die kop van Johannes die Doper. ”Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word. Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof. 

Ons koester almal die geheime hoop, dat as ons Jesus volg, en Hom gehoorsaam, Hy ons sal seën op die manier wat ons graag geseën wil word. Ons wil gesond, ryk en wys wees. Ja, dit is tog mos wat ons toekom.

Maar iewers diep binne-in ons is ons bang dat dit nie so sal uitwerk nie; dat slegte dinge nog steeds sal gebeur en dat al daardie harde werk om Jesus te volg, tevergeefs was. Ons beskou dit as 'n risiko om Jesus te volg, en daarom verwag ons 'n beloning. En tog weet ek en jy dat slegte dinge wel gebeur. Sommige mense, neem byvoorbeeld vir Johannes die Doper, ly baie, al het hulle al die regte dinge gedoen.

Matteus 14: 6-10 Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra. Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in 'n skottel die kop van Johannes die Doper.” Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word. Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof.

Johannes die Doper het God ten volle gehoorsaam en tog het God toegelaat dat hy onthoof word. Nou wat is dan die antwoord? Wel, die antwoord is beslis nie in die snuisterye en goedjies van hierdie wêreld nie. Nee. Om God te behaag, is die beloning. Hy skuld ons niks nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY