God se Woord VARS vir jou Vandag

Eenvoudige Waarheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2298

Send us a text

Hebreërs 13:16 Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is. 

In die tyd van die Ou Testament is diere op altare vir God geoffer. Dit lyk nou alles baie vreemd vir ons, maar dit was destyds die gebruik. Gelukkig hoef ons dit nie meer te doen nie ... of doen ons dit miskien nog op ander maniere?

Nee, natuurlik, offer ons nie deesdae diere nie. Mense het dit gedoen om vir hul sondeskuld te betaal om sodoende met God te versoen, en ook vir 'n verskeidenheid ander redes. Maar as jy in Jesus glo, hoef jy nie vir jou sondes te betaal nie, want deur sy uiteindelike offer aan die kruis, word jou sondes vir eens en vir altyd vergewe.

Halleluja. Geen offers is meer nodig nie. Maar wag net 'n oomblik - hierdie "al my sondes is vergewe"- beteken nie dis 'n eenmalige ooreenkoms nie. Dit is die begin van 'n proses van 'n nuwe lewe; 'n veranderde lewe; 'n lewe wat daarop gefokus is om Jesus te volg; 'n lewe wat daarop gemik is om sy liefde te deel en 'n lewe wat geleef word om 'n werklike verskil in hierdie wêreld te maak.

Hebreërs 13:16 Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

‘n Mens hoef nie geniaal te wees om dit te snap nie, nè? Maar dit is tog maklik om te vergeet om te midde van die gejaagdheid van die lewe aan ander mense goed te doen. Dit is te maklik om só selfbehep te raak en om vir onsself 'n lewe van gemak en gerief te bou, dat ons vergeet om dít wat ons het, met behoeftiges te deel. Ja, ons skram weg daarvan om werklike opofferings vir ander te maak. Maar weet jy, hierdie opofferings behaag God.

Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

Dit is eintlik redelik eenvoudig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY