God se Woord VARS vir jou Vandag

Vreugde Te Midde van Swaarkry

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2300

Send us a text

Psalm 119:143 Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. (NLV) 

Kan ek jou ‘n vraag vra: wat gee jou vreugde in jou lewe? Wat is daar in die diepste hoekie van jou hart, in die kern van jou wese, wat jou met vreugde vul? En wat gebeur met daardie vreugde wanneer dinge in die lewe skeef loop?

Een van die dinge wat vir my groot vreugde gee, is wanneer my driejarige kleindogter by ons huis aankom op dae wanneer my vrou haar oppas. Ek sit gewoonlik in my studeerkamer en werk; maar dan skielik hoor ek hoe die deur oopgaan en die volgende oomblik hardloop sy in die gang af met 'n luide "Oupaaaaaaa" en  gee my 'n wonderlike drukkie. Wat 'n vreugde!

Maar eendag gaan sy groot word. Eendag is sy dalk nie heeltemal so opgewonde soos sy vandag is om haar Oupa te sien nie? En dit is hoe dit is, dis verganklik - selfs die heel beste dinge wat hierdie wêreld vir ons kan bied, verander. Eendag …

En dan, aan die ander kant van die spektrum, is daar daardie tye van swaarkry waardeur ons almal van tyd tot tyd gaan. Ek praat van die werklike moeilike tye, wanneer die lewe 'n malhuis is. Kan jy dink aan iets, enigiets, wat jou te midde van daardie swaarkry, vreugde bring? Hm? Die psalmdigter skryf in:

Psalm 119:143 Angs en benoudheid sak op my toe, maar u gebooie is my vreugde. (NLV)

Jy weet, daar is iets baie spesiaal daaraan om goed te doen. Dit is om God se wil, in daardie moeilike situasie, wanneer jou pyn besig is om jou van binne te verteer, te doen. Tye wanneer jy kies om God se roeping op jou lewe te volg. Tye waar jy Hom eer deur sy weë te volg - al is elke tree seer. En om bo alles sy opdragte uit te voer.

Terwyl daar in daardie verskriklike situasie, trane oor jou gesig stroom, kan jy die blydskap van die Here, waarskynlik nog dieper as op enige ander tyd, ervaar.

Al het ek probleme en al ervaar ek moeilike tye, gee u bevele my vreugde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY