God se Woord VARS vir jou Vandag

Skuld en Vrees

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2305

Send us a text

2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. 

Skuldgevoelens oor die foute wat jy in die verlede gemaak het en angs oor wat die toekoms inhou, is twee kante van dieselfde muntstuk. En vir baie mense voer daardie twee vyande ‘n ewigdurende oorlog wat hulle lewe tot diep in hul siele vernietig.

As jy in Jesus glo, ja, ek praat nou met jou, as jy jou lewe werklik in sy hande gegee het, en as jy jou lewe werklik vir Hom leef, dan is daar een groot waarheid waaraan jy kan vashou: al jou sondes, en al jou foute uit die verlede is totaal en al vergewe. Die vraag is, het jy jouself vergewe?

En daar is nog 'n ander groot waarheid waarvan jy seker kan wees. Elke oomblik van jou lewe is in sy hande; elke tree wat jy gee, gee Hy saam met jou. Jy is nooit alleen nie. Hy vergeet jou nooit nie. Die vraag is, leef jy jou lewe asof jy dit werklik glo?

Want luister na my, geen mate van skuldgevoelens kan die verlede verander nie en geen mate van angs kan die toekoms verander nie. Dis net deur Jesus dat jy heeltemal vergewe is. En wat ook al mag gebeur, kan jy, as Jesus in jou hart leef, veilig oor die toekoms voel.

En om dit alles vir jou ‘n werklikheid te maak, het Hy sy Heilige Gees vir jou nagelaat om in jou te woon, om jou te seën en om jou heel te maak:

2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.

As jy werklik in Jesus glo, het jy sy krag, het jy sy liefde, en het jy al die wysheid en selfbeheersing wat jy nodig het om vry te wees van enige skuldgevoelens of angs, wat jou kan beroof van die oorvloedige lewe, waarvoor Hy gesterf en weer opgestaan het. Dis die waarheid!

Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY