God se Woord VARS vir jou Vandag

Van ‘n Tent tot ‘n Stad

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2316

Send us a text

Hebreërs 11:9,10 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is. 

Een van die grootste foute wat ek en jy kan maak, is om ons te verbeel dat God se planne net om ons, en ons gemak en ons gerief wentel. Sy planne is soveel groter as ons.

Ek het 'n paar maande gelede met my vriend, wat boer, gesels oor sy plaas wat deur die ergste vloed in menseheugenis oorstroom is. Ons gesprek het op die dag wat die vloed 'n hoogtepunt bereik het, plaasgevind. Sy kommentaar was dat ons die fout maak om teen die vloed te bid, eerder as om onder die omstandighede na God se wil soek en te kyk na die geleenthede wat Hy daardeur vir ons bied om goed te doen.

Wat 'n kragtige, getuienis van die man se geloof is dit nie? Hy het inderdaad die ramp gebruik om goed te doen. Hy het sy buurman gehelp om 600 koeie twee keer per dag te melk, toe die buurman se melkery oorstroom is. Hy het die nooddienste in die omgewing met toerusting gehelp. Hy het selfs vroeg op Kersoggend in sy klein bootjie gespring om die dominee aan die oorkant van die rivier in volle vloed te gaan haal, sodat hulle hul Kersdiens kon hou.

En kyk na Abraham:

Hebreërs 11:9,10 Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was, want hy het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.

Abraham het op 'n onsekere en ongemaklike reis van vyf-en-twintig jaar na die Beloofde Land gegaan - maar hy was al lankal dood toe Jerusalem eers eeue later gebou is. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY