God se Woord VARS vir jou Vandag

Jou Vingerafdruk

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2320

Send us a text

Psalm 139:13-18 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê. 

Dit is 'n hartseer dag wanneer ons onsself met ander mense vergelyk en tot die gevolgtrekking kom, dat ons by hulle afsteek. Ek is nie so slim, so vinnig, so mooi, en so suksesvol soos die volgende persoon nie. Ja-nee, voorwaar 'n hartseer dag.

Hierdie vergelykings laat nie net ons emosies wipplank ry nie, maar dit beroof ons van ons entoesiasme, ons potensiaal; dit belemmer ons natuurlike begeerte om ons Godgegewe gawes en vermoëns tot voordeel van ander te gebruik. Dit neem ook die gevoel van vervulling, wat God wil hê ons moet beleef, weg. Jy sien dit die hele tyd.

Nouja,  indien jy jouself ooit in daardie slagyster bevind, glo ek dat God, deur die Psalmdigter vandag met jou wil praat.

Psalm 139:13-18U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.

My vriend, jy is uniek. Jy is keurig handgemaak deur God vir die spesifieke lewe waarvoor Hy jou geskep het. Weet jy, Hy het vir jou 'n vingerafdruk gegee wat niemand anders het nie, sodat jy jou unieke stempel kan afdruk, een wat niemand anders kan nie. Hou op om jouself met ander te vergelyk.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY