God se Woord VARS vir jou Vandag

Trots Beroof Jou

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2322

Send us a text

Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. 

Ek het al oor die jare 'n paar baie slim, suksesvolle mense teëgekom. Wat van jou? Mense wat soveel meer kan bereik as wat ek of jy ooit sou kon bereik. Maar daar is een ding wat baie van hulle in die voet skiet.

Die probleem is dat jy terselfdertyd slim en wreed kan wees. Jy kan ook terselfdertyd ongelooflik suksesvol en ongelooflik onaangenaam wees. Jy kan selfs terselfdertyd groot oorwinnings behaal en groot verliese ly. Dit is 'n vreemde kombinasie, maar ons sien dit tog die hele tyd in soveel mense voorkom.

Dit is regtig tragies, want wanneer trots sy kloue in ‘n persoon inslaan, loop dit op ontworteling uit. Ek het eenkeer iemand hoor sê dat trots elke deug van sy waarde voor God beroof, en ek sal byvoeg, ook voor mense.

Jy kan die slimste persoon op die planeet wees, maar ook die eensaamste persoon omdat ander mense (om nie van God self te praat nie) jou trots afstootlik vind. Daarom is dit so belangrik om die trots in jou hart uit te roei, voordat dit jou vernietig, want dit sál jou vernietig. Hoogmoed kom altyd voor die val. En wat is die beste manier om trots te vernietig? Kom ons kyk in:

Filippense 2:5-8 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY