God se Woord VARS vir jou Vandag

In Christus Gewortel

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2331

Send us a text

Kolossense 2:6,7 Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. (NLV) 

As sosiale wesens moet ek en jy ons onafhanklikheid, sowel as ons interafhanklikheid ontwikkel – die vermoë om op onsself te vertrou, en die vermoë om met ander mense saam te werk. Dit maak sin, nè?

Maar weet jy, daar bestaan 'n werklike gevaar om dit alles te ver te voer. Ons word so maklik wêreld-afhanklik, eerder as Christus-afhanklik. Ons begin leef asof ons lewens net van ons, en diegene rondom ons, afhang.

En dit is 'n probleem, want elke mens op hierdie planeet het hul swakhede. En elke persoon in jou wêreld (insluitend jy self!) sal jou uiteindelik in die steek laat.

Dit is hoekom 'n ongebalanseerde afhanklikheid van mense uiteindelik 'n uitputtende stryd word, want dit kom noodwendig ten koste van 'n regte en behoorlike vertroue op God self.

Kolossense 2: 6,7 Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid. (NLV)

Dit is tog vanselfsprekend, dink jy nie so nie? Jy moet net op Christus staatmaak en lewe en krag uit Hom put.

Die waarheid is dat hoe meer afhanklik ons van mense word, hoe meer wêrelds sal ons gesindheid wees. Hoe meer Christus- afhanklik ons word, hoe meer sal ons soos Christus word. En die kruks van die saak is, dat hoe meer Christusgesentreerd ons word, waar die sonde in ons lewens oorwin is, hoe meer sal ons 'n gesonde selfkennis hê en hoe meer sal ons in harmonie met ander mense kan saamwerk.

Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. Jy moet net op Christus staatmaak en lewe en krag uit Hom put.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY