
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Slaggate van Tradisies
Kolossense 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
Tradisies het hul voordele en hul nadele. Aan die een kant gee hulle binne die samelewing 'n morele struktuur aan ons gedrag ... wat 'n positiewe ding is. Aan die ander kant, wel ... kom ons kyk.
Ek wonder of jy aan 'n goeie tradisie in jou konteks kan dink; een wat waarde tot die gemeenskap waarin jy woon, toevoeg. Vir my is iets so eenvoudig soos om die deur vir 'n dame oop te maak en haar toe te laat om voor my deur te stap, 'n goeie tradisie (alhoewel selfs dít word deesdae bevraagteken).
Maar daar is ander sogenaamde “tradisies" wat openlik beperkend is; daar is byvoorbeeld leiers wat, in plaas daarvan om die mense wat onder hulle is, te dien, oor hulle heers. Sulke reëls is self ontwerpte reëls wat die elite pas. En wanneer dit in 'n Christelike gemeenskap by geloofsake kom, is daar talle selfgemaakte reëls wat ongelooflik gevaarlik is.
Toe ek 'n kind was, was ek verplig om die ring aan die biskop se vinger te soen – iets wat ek duidelik geweier het om te doen. Dit blyk dat my instinkte destyds nogal in die kol was.
Kolossense 2:8 Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.
Dit is redelik duidelik, nè? Ja, in enige sosiale konteks, ook in ‘n Christelike gemeenskap, is daar, na regte, beperkings op ons gedrag. God vergewe nie slegs al ons verkeerde dade deur die dood en opstanding van Jesus nie, maar Hy beveel ons ook om gehoorsaam te wees.
Die beste raad is om maar altyd seker te maak dat ons Hom gehoorsaam – dat ons doen wat Hy in sy Woord, die Bybel, sê – en nie mensgemaakte reëls of menslike tradisies volg nie.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.