God se Woord VARS vir jou Vandag

Dankie Here!

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2333

Send us a text

Psalm 136:1 Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie. 

Dankbaarheid is 'n gesindheid wat baie voordele inhou. Trouens, navorsing toon dat dankbare mense gelukkiger en gesonder is en selfs beter slaap! Die vraag is dus, pluk jy die vrugte daarvan?

Wel, ek dink dit hang af van hoe dankbaar jy oor jou lot in die lewe is. Ja, ek weet, soms gaan ons deur situasies waar dit voel asof ons nie baie het om voor dankbaar te wees nie. En vir party mense lyk dit of daardie situasies net nooit ophou nie.

Dit lyk asof party mense die lotto gewen het, want hulle lewe lyk na 'n voorspoedige, gesonde en gelukkige lewe. Ander mense woon in oorlog sones, of te midde van erge armoede, onderdrukking, mishandeling, siekte en epidemies. Deel daarvan is die selfsugtige politiek en ekonomiese stelsels waaronder ons leef. Ja, dit kan wees, maar dit is nie altyd nie. Soms blyk dit dat party mense blote geluk het.

Maar wie jy ook al is, wat ook al jou lot in die lewe is, daar is tog 'n paar goeie dinge om oor opgewonde te raak en 'n paar moeilike dinge wat ons verwar, nie waar nie? Hoe jou omstandighede ook al vir jou voel; hier is 'n kragtige stukkie goddelike raad vir jou in:

Psalm 136:1 Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Maar onthou, deur al jou voor- en teëspoed is daar een konstante ding: die onwankelbare liefde van die Here vir jou wat vir ewig voortduur. Vir altyd en altyd! Deur die mooi herinneringe en deur die beproewinge. Deur elke vreugde en elke hartseer. Deur elke geboorte en elke dood.

En dit is om daardie rede dat ek en jy met 'n gesindheid van dankbaarheid kan leef. Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Dankbaarheid. Geniet die voordele.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY