
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Alles in die Naam van Jesus
Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Dit maak nie saak wie jy is, waar jy woon of wat jou omstandighede mag wees nie, daar gaan altyd 'n paar dinge wees wat jy net nie wil doen nie. En hoe meer daar van hulle is, hoe moeiliker word die lewe.
Sommige mense staan in beroepe wat hulle haat. Sommige mense is in huwelike wat hulle haat. Sommige mense … wel, jy verstaan die trant van die gesprek. En al is jou situasie oor die algemeen redelik aangenaam, gaan daar steeds 'n paar dinge in jou lewe wees, wat jy net nie geniet nie.
As jy saam met my in Jesus glo, is die vraag: wat maak jy met daardie onaangename dele van jou lewe? Hoe hanteer jy hulle op 'n wyse wat eer aan God bring? As jy ernstig daaroor is om Jesus te volg, en om Hom te eer, en om Hom te behaag, en om Hom te verheerlik, en as Hy jou nommer een prioriteit is, dan is dit presies die vraag wat jy moet vra: Hoe eer ek God deur daardie aaklige dele in my lewe?
Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Die antwoord is redelik eenvoudig: doen dit alles vir Jesus. Wat van daardie moeilike persoon wat jou gereeld afkraak? Staan sterk en wees lief vir hom met die liefde waarmee Christus jou liefgehad het toe jy jou rug op Hom gedraai het. Daardie werk wat jy verafsku? Gaan soek nuwe geleenthede, gaan elke dag en doen meer as jou plig om die lig van Christus se liefde in daardie mense se lewens te laat skyn.
Kom ons kry 'n openbaring: die lewe gaan nooit perfek wees nie!
En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.