
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Kom Ons Draai ‘n Bietjie Terug
Psalm 100:4,5 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
Wanneer jy op 'n klipperige pad ry, wanneer die lewe meer opdraandes as afdraandes het, is die realiteit dat selfs die vriendelikste en mees bemoedigende dinge wat iemand vir jou sê, op een of ander manier die teiken mis; op een of ander manier slaag dit nie daarin om te help nie.
Gedurende hierdie week het ons gesels oor die lief en leed van die lewe en hoe om, veral teen daardie lang opdraandes, daarop te reageer.
As ons kyk na wat ons tot dusver geleer het, kom dit op drie beginsels neer: Eerstens, eer God in alles wat jy doen en ten spyte van hoe moeilik die lewe raak, doen dit alles vir Jesus. Tweedens, God is op hierdie reis saam met jou en smag daarna om jou te vertroos en te red. En derdens hoe jy 'n gesindheid van dankbaarheid kan hê, omdat daar geen einde aan sy onvoorwaardelike liefde is nie.
Dis alles net mooi klinkende woorde indien jy nou besig is om deur 'n moeilike tyd gaan. En daar bestaan ‘n groot moontlikheid dat daardie kragtige waarhede soos vet op ‘n warm klip sal wees. Maar wanneer God daardie selfde dinge deur sy Woord sê, is daar krag, wat ‘n seer hart sal aanraak en tot die bron van pyn sal deurdring, op 'n manier wat die woorde van geen mens ooit sou kon doen nie. Kyk na wat hierdie God vir jou sê in:
Psalm 100:4,5 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
Wat ook al jou probleem is, of wat jou ook al op hierdie oomblik pla; mag sy Woord jou gees laat sweef; mag die lewensveranderende waarheid van God se getroue liefde op hierdie oomblik, en vir ewig, 'n diepe vreugde in jou hart bring.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.