God se Woord VARS vir jou Vandag

Geen Dienswerk is te Onbelangrik Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2345

Send us a text

1 Petrus 4:8-10 Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Ek is 'n feilbare, onvolmaakte mens net soos jy, en ek begeer om onder alle omstandighede eerlik, openlik, deursigtig en eg te wees. Wel, vandag is een van daardie dae waar ek myself as 'n voorbeeld gaan gebruik en my swakhede aan die kaak gaan stel.

Dis hoe my daaglikse roetine lyk: Ek berei boodskappe soos hierdie voor. Ek gaan na radio-en televisie-ateljees om die boodskappe op te neem en ek is verantwoordelik vir ‘n bediening wat letterlik miljoene mense daagliks met die Goeie Nuus van Jesus bereik. Dit klink fantasties, nè?

Maar weet jy, ek is nie van nature die soort persoon wat by 'n bushalte gaan sit, 'n gesprek met iemand aanknoop en van Jesus begin vertel nie. Dit is 'n talent waaroor ek nie beskik nie.

Hier is die probleem – ek troos myself, dat ek my deel bydra, en dat ek nie daardie persoonlike gesprekke hoef aan te knoop nie. Ek sal dit aan iemand anders met daardie talent oorlaat. Maar kyk wat sê Petrus hieroor in:

1 Petrus 4: 8-10 Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Om mense innig lief te hê, 'n maaltyd met hulle te deel, aan hulle God se genade te bewys ... dit is alles dinge wat van aangesig tot aangesig geskied. Hulle is soms morsig, moeilik en ongerieflik. Maar hulle is vir God baie belangrik!

Wat ook al ons gawes en roeping mag wees, dit bly jou en my plig om mense persoonlik op te soek, om hulle innig lief te hê en om hulle te dien. Dit geld vir ons albei, vir jou en vir my … want dit is hoe God lewens verander – hulle s’n en ons s'n.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY