God se Woord VARS vir jou Vandag

Praat met God oor jou Gewoontes

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2359

Send us a text

Lukas 5:16 Maar Jesus het Hom gereeld in 'n verlate plek afgesonder om te bid. (NLV). 

Hier is 'n kragtige waarheid wat ons nooit moet vergeet nie. God wil ons, vir jou en vir my, help om ons lewens in die oorwinning, waarvoor Jesus gesterf en opgestaan het, te leef. Oorwinning oor ons sonde en oorwinning oor ons omstandighede.

Die ander waarheid, wat ons nooit uit die oog moet verloor nie, is dat ons inwillig om te sondig. Ja, jy weet dit is die slegte gewoontes waarin ons verval het, wat ons telkens van die oorwinning beroof.

Dit is juis om daardie rede dat ons dit so nodig het om ons lewens, ons gewoontes, ons passies, ons begeertes en ons planne in gebed na God te neem. Want die enigste soort gebed waarvan die Bybel ons leer, is die soort wat kragtige resultate het - soos jy my al ‘n duisend keer hoor sê het. 

Lukas 5:16 Maar Jesus het Hom gereeld in 'n verlate plek afgesonder om te bid. (NLV).

Kom ons beskou die saak:  Jesus het nooit die kleinste, kleinste titseltjie sonde gedoen nie. Maar, wanneer het Hy gegaan om te bid?– Dikwels. – Waarheen het hy gegaan? – Weg na ‘n verlate plek. – Waarom het Hy weggegaan? – Om alleen te wees sodat Hy kon bid. Weet jy, nadat Jesus sy krag en heerlikheid prysgegee het om 'n mens te word, het Hy geweet dat Hy die wysheid en die krag wat Hy nodig het om alles te doen waarvoor Hy geroep is, by sy Vader kon kry.

Hoeveel te meer het ek en jy dan nie nodig om ons hele menswees in gebed voor God te bring nie? Om met Hom te praat oor daardie ingeburgerde gewoontes wat ons keer op keer in sonde laat struikel.

Bring dit dus dikwels in gebed voor God. Vra vir sy krag en sy wysheid in jou stryd om werk te maak van jou verkeerde gewoontes, om jou vry te maak ….

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY