God se Woord VARS vir jou Vandag

God se Meesterplan

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2360

Send us a text

Genesis 2:24 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

Ons is geneig om ons gesinne as vanselfsprekend te aanvaar. Die meeste van ons het as deel van 'n gesin grootgeword. Baie van ons het al ons eie gesinne. Maar hierdie sogenaamde idee van "gesin" voldoen nie heeltemal aan ons verwagtinge nie, of hoe?

Die ideale gesin is 'n gelukkige en liefdevolle man en vrou, die perfekte pa-en-ma-kombinasie, met 'n klomp gelukkige, gesonde, goed aangepaste kinders. Dis die prentjie wat ons elkeen in ons koppe het. Vir baie gesinne, miskien selfs vir die meeste, verskil die werklikheid hemelsbreed.

Soveel mense, oud en jonk, is verwond deur hul gesinsverhoudings, of gebrek daaraan. Laat ons dus 'n tree terug gee. God het die mensdom geskape, manlik en vroulik. Hy het ons geskep, sodat ons ... 'n gesin kan word.

Genesis 2:24 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

Almal is natuurlik nie getroud nie ... maar ons sal anderdag oor enkellopendes praat. Die meeste mense trou, maar hoe maklik is dit om van God se bloudruk te vergeet: dat 'n man sy ouers sal verlaat en letterlik aan sy vrou verbind word. Hy verplaas dus sy lojaliteit van sy ouers na sy vrou. Die twee word een – fisies, emosioneel en geestelik. Hierdie man en hierdie vrou, twee aparte mense, word een. En net daar is die fondament van gesin en dan familie. Dit is God se plan; dis sy bloudruk.

Twee … word … een.

Nouja, as jy 'n getroud is, kan ek jou vra … is jy en jou sielsgenoot een, of is julle nog twee? Wees eerlik. Want as julle steeds twee is … dan is jou gesin reeds besig om uitmekaar te skiet.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY