God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Foute Wat Mans Maak (1)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2363

Send us a text

1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

'n Man kan so 'n klipkop wees wanneer dit by gesinsake kom. Regtig! Op een of ander manier stop ons nooit om te dink aan wat ons gesinne werklik van ons nodig het nie. Gevolglik hou ons aan om dieselfde foute telkemale te herhaal.

Die grootste fout wat mans maak – en dit is een wat ek al te dikwels gemaak het – is om hulle vrouens oneerbiedig te behandel. God se plan vir ons gesinne is dat die gesin op 'n rotsvaste, dog teer eenheid tussen man en vrou gebou moet word.

Dit is 'n eenheid wat elke keer gebreek word wanneer ons, as mans - luister gerus mooi, ouens - 'n gebrek aan respek toon vir die een persoon op hierdie planeet, wat die belangrikste persoon in ons lewe behoort te wees. 

1 Petrus 3:7Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Die moeilikste ding vir enige man is om sy vrou ten volle te verstaan - ek dink dit is nogal 'n lewenslange ontdekkingsreis! Nietemin, word ons as mans geroep om met meer begrip met ons vrouens saam te leef, want hulle is immers baie anders as ons.

Ja, ons weet, sy is fisies swakker, tog is dit juis in daardie konteks wat God mans beveel om vir hul vrouens respek te toon. Hoe? Moenie kwaai woorde gebruik nie. Moenie haar voor ander verneder of haar waarde as persoon ondermyn nie. Moet nooit enige fisiese geweld gebruik nie. Nee, onder geen omstandighede nie!

En weet jy, God voel so ernstig oor hierdie opdrag, dat indien ons ongehoorsaam is, Hy sal ophou om na ons gebede te luister.

Mans, leef met begrip saam met julle vrouens en respekteer hulle!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY