God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Foute Wat Vrouens Maak (2)

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2366

Send us a text

Spreuke 21:19; 27:15 Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.… Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf.

Om beskryf te word as ‘n ‘twisgierige vrou’ is baie onaangenaam en ‘n onwelkome stereotipe wat baie vroue sal ontstel. En dis geregverdig. Maar daar is sommige vroue wat só aan hul mans neul, dat dit hul huwelike skade berokken.

Kyk, as 'n man sê hy sal iets doen, sal hy. Dit is nie nodig om hom elke ses maande daaraan te herinner nie!!! Ja, toemaar, ek weet ons mans kan uiters frustrerend wees. Hoeveel keer het 'n vrou al vir haar man gevra om iets te doen en hy doen dit nie; of om iets nie te doen nie, en hy doen dit!

Maar hier is die vangplek, vrouens - as jy jou man as jou eie, persoonlike selfdoen-verbeteringsprojek begin sien! Hy is stukkend. Hy moet reggemaak word! En dit … dit is waar die gekerm begin. En hoe meer sy neul, hoe meer sal hy 'n Bybelse reaksie hê en haar ignoreer. Ja, dit staan in die Bybel! Glo jy my nie? Hier in:

Spreuke 21:19 Liewer in 'n woestyn woon as by 'n twisgierige vrou wat aanhou neul.… 

Hierop kan vrouens met verontwaardiging uitroep: "Dit moes 'n man gewees het wat dit geskryf het!" Ja, dit was! Maar dit is waar. Kyf sal haar verhouding met hom nog verder versuur, want dit beroof hom van sy rus en vrede.

Spreuke 27:15 Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf.

Ja-nee, dis ook deur 'n man geskryf – dapper koning Salomo, wyse ou kêrel wat hy was! Grappies op ‘n stokkie, daar is 'n paar dinge wat 'n vrou nooit aan haar man sal verander nie (en dit werk ook omgekeerd). ‘n Gedurige geneul vernietig huwelike.

Dis jul besluit vrouens: sal julle hom liefhê net soos hy is, met al sy gebreke en swakhede, of sal julle jul huwelik dood-neul?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY