God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Perfekte Gesin

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2376

Send us a text

Romeine 5:3-8 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Jy het seker al somtyds gedink: "As my gesin maar net so normaal soos al die ander mense s'n was!" Nouja, dis snaaks, maar op een of ander manier glo ons steeds in die sprokie van die "perfekte gesin." Regtig? Ons kan net sowel in die tandmuis en Kersvader glo.

Ek wil vandag ‘n gedeelte uit die Bybel met jou deel, wat op die oog af niks met jou gesin te doen het nie, en tog …

Romeine 5:3-8 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 'n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir 'n regverdige nie. Ja tog, vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Jesus het vir my en vir jou gesterf toe ons nog sondaars was; ja, terwyl ons opstandig en oneerbiedig was. Hierdeur het Hy vir ons gewys hoe lief Hy ons het.

Nouja, sal jy dieselfde vir jou gesin doen, wanneer hulle deur ‘n moeilike tyd gaan? Sal jy vir hulle deur jou geduld, jou hoop en jou opoffering wys hoe lief jy vir hulle is? Wel, sal jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY