God se Woord VARS vir jou Vandag

Uitgesoekte Versies

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2400

Send us a text

Lukas 4:9-12 Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê: “As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm “en ook: “Op hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Ek het onlangs 'n koffiebeker met die volgende inskripsie daarop aanlyn geadverteer gesien: Ek kan alles doen deur 'n vers wat uit verband geruk is. Ek het sommer lus gekry om vir my een van hulle te bestel!

Dit is wat jy "galge humor" noem, want daar is vandag ongelukkig soveel van God se kinders, Christene, wat hul sogenaamde geloof in Jesus presies op daardie manier uitleef. Soos die Amerikaanse pastoor en skrywer, John Mac Arthur, dit eenkeer gestel het: Die helfte van die Christendom is gebaseer op verse wat uit verband geruk is.

Dis baie hartseer, maar waar. Dis wat ek en jy baie graag doen. Ons kies die ‘lekker’ verse uit die Bybel, terwyl ons die res van die uitdagende, moeilike verse ignoreer – verse soos om die ander wang te draai, die ekstra kilometer te loop, jou kruis te dra en Jesus te volg.

Maar dit is eenvoudig nie hoe dit werk nie. Ons weet dit almal, maar verstaan ons dit regtig? Is ons net so gereed om die uitdagende stukke in God se Woord te aanvaar, as wat ons die ‘lekker’ stukkies aanvaar?

Toe Jesus in die woestyn versoek is, het die duiwel self 'n paar versies uit konteks aangehaal:

Lukas 4:9-12 Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê: “As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm “en ook: “Op hulle hande sal hulle jou dra sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Hou op om versies te verdraai om jou te pas.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY