God se Woord VARS vir jou Vandag

Verwarrende Wysheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2417

Send us a text

1 Korintiërs 1:20,21 Wat het dus geword van die filosowe, die boekgeleerdes, die debatvoerders van hierdie wêreld? God het bewys hoe inherent dwaas die wysheid van hierdie wêreld in werklikheid is. Aangesien God in sy wysheid beskik het dat die wêreld Hom nooit deur menslike slimmigheid sou vind nie, het Hy dit goedgevind om deur die “dwaasheid” van ons prediking dié wat glo, te red. (NLV) 

Die meeste van ons sal graag wil dink dat ons 'n redelike goeie kop op ons skouers het; dat ons dinge kan beredeneer; dat ons die feite kan ondersoek en tot die regte gevolgtrekkings kan kom.

Dit is daardie einste uitgangspunt, naamlik dat ons almal geseën is met 'n bietjie gesonde verstand, wat die basis vorm van die verhoor van ‘n saak deur ‘n jurie. In die meeste gevalle sal twaalf gewone mans en vrouens aan die kant van 'n hofsaal sit en luister na die getuienis wat deur die aanklaer en die verdediging gelewer word, en hulle sal dan die uitspraak van skuldig of onskuldig gee.

Sommige mense is kundiges, groot denkers in hul veld – filosowe, professore, regsgeleerdes. Maar elke nou en dan kom daar iets voor wat hul logika, en ons s'n, heeltemal sal omverwerp. 

1 Korintiërs 1:20,21 Wat het dus geword van die filosowe, die boekgeleerdes, die debatvoerders van hierdie wêreld? God het bewys hoe inherent dwaas die wysheid van hierdie wêreld in werklikheid is. Aangesien God in sy wysheid beskik het dat die wêreld Hom nooit deur menslike slimmigheid sou vind nie, het Hy dit goedgevind om deur die “dwaasheid” van ons prediking dié wat glo, te red. (NLV)

Gister het ons gesels oor die oënskynlike dwaasheid van die Kruis. Waarom sou God kies om Jesus te stuur om te sterf vir mense soos ek en jy, om ons van ons sonde te red … eerder as om ons skuldig te bevind en ons te veroordeel om deur Hom gestraf te word? Dis immers hoe die dinge in hierdie wêreld werk!

Hoekom? Omdat Hy jou so onbeskryflik liefhet. Glo dit, leef dit, asem dit diep in. Hy is baie liewer vir jou as wat jy ooit kan dink, selfs wanneer jy droogmaak.

Dwaasheid? Ek dink nie so nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY