God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Krag is die Bewys

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2422

Send us a text

1 Korintiërs 2:3-5 Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.(NLV) 

Het jy al ooit ondervind hoe moeilik dit is om net 'n enkele slegte gewoonte af te leer? Om byvoorbeeld op te hou rook, om jou woede te hanteer of om van die negatiewe selfspraak wat jou brein vernietig en jou hart vergiftig, ontslae te raak? Wat dit ook al mag wees, daardie slegte gewoontes wil net nie hulle greep op jou los nie.

Die afgelope week het ons gesels oor die omvang van God se liefde vir ons, deur Jesus te stuur om aan die Kruis te sterf om vir jou en my sonde te betaal. Vir baie mense maak dit nie sin nie. Vir ander lyk dit selfs dwaas.

En tog is daar geen groter bewys van liefde in die hele menslike geskiedenis as dít wat die Seun van God gedoen het nie. Hy  het, deur aan 'n kruis te sterf - iets wat Hy nie verdien het nie - die skuld betaal; skuld ek en jy nooit sou kon betaal nie.  

Maar waar is die bewys daarvoor? Hoe weet ons dis waar? Hoe weet ons dat dit eintlik werk? Wel, kom ons kyk wat die apostel Paulus aan die 1ste eeuse kerk in Korinte geskryf het in:

1 Korintiërs 2:3-5 Ek het na julle gekom in swakheid – angstig en vol huiwering. My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God. (NLV)

Op soek na bewyse? Die bewys lê in die krag. Nie in enigiemand se geleerde prediking nie. Nie in woorde nie. Nie omdat ek so sê of selfs omdat die Bybel so sê nie. Maar omdat Hy, wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, sy krag gee om jou te help om in oorwinning oor jou slegte gewoontes te leef – om jou vry te maak van jou sonde.

Plaas jou vertroue in Jesus Christus. Die bewys lê in die krag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY