God se Woord VARS vir jou Vandag

Geseënd is die een. . .

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2423

Send us a text

1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. 

Ons opinie van ander mense bepaal hoe ons hulle behandel. En hoe ons hulle beoordeel, is nie altyd so gesond nie. Nouja, wanneer laas het jy hand in eie boesem gesteek en gedink aan hoe die lens waardeur jy na hulle kyk, lyk?

Daar is allerhande persepsies wat ons oordeel vertroebel wanneer dit by ons verhoudings kom. Afguns is een van hulle. Blindelingse lojaliteit is 'n ander een. En dan is daar ons begeerte om goed te lyk, of die begeerte om ons sin te kry. Hoeveel verwring daardie “lense” jou siening van mense? Lei jou persepsies tot slegte gedrag? Maak jy byvoorbeeld mense seer en word jy vinnig bakleierig? Lei dit selfs tot oneerlikheid, tot jaloesie en kwaadpratery?

Kan ek jou aanmoedig om terug te dink aan ‘n keer toe jy sleg gedink het van iemand, of iemand sleg behandel het? Ek praat nou van ‘n situasie waar jy werklik na die tyd spyt was oor jou gedrag teenoor hulle. Vra jouself nou af: watter onderliggende kwessies in my lewe, in my persepsies, volgens my “lens,” het my gedrag veroorsaak?

En terwyl jy daaroor nadink, luister na wat God hieroor sê:

1 Petrus 2:1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery.

God ons Vader, wil soos enige pa, hê dat sy kinders mekaar moet liefhê, net soos Hy ons liefhet. Dis 'n ongelooflike kragtige getuienis van sy liefde wanneer ons diegene rondom ons met dieselfde liefde liefhet. En soos iemand eenkeer gesê het...

Geseënd is die persoon wat geleer het om te bewonder, maar nie afgunstig te wees nie, om te volg, maar nie na te boots nie, om te prys maar nie te vlei nie, en om te lei maar nie te manipuleer nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY