God se Woord VARS vir jou Vandag

‘n Helpende Hand

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2434

Send us a text

Spreuke 3:27,28 Moenie wag om goed te doen vir iemand wat dit nodig het nie, veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen. Moenie vir jou buurman sê: “Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help,” terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie. (NLV) 

Het jy al ooit iemand gesien wat hulp desperaat nodig het en vir jouself gesê: hoekom help iemand nie daardie persoon nie? Hoekom help die regering, of die kerk … of iemand hom nie?

Ek dink ons het almal al een of ander tyd daardie reaksie teenoor ‘n arme, vuil, stinkende, eensame bedelaar op straat gehad. Of kom ons maak dit meer persoonlik: jou buurvrou se man is pas met terminale breinkanker gediagnoseer. Of 'n jong enkelma is siek en sukkel om 'n maaltyd vir haar kinders te kook. Selfs iemand wat in die bank langs jou in die kerk sit, wat nie sy volgende motor paaiement kan bekostig nie. Hoekom help iemand hulle nie?

Nou, hier’s 'n interessante gedagte: sê nou daardie “iemand” is jy?

Spreuke 3:27,28 Moenie wag om goed te doen vir iemand wat dit nodig het nie, veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen. Moenie vir jou buurman sê: “Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help,” terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie. (NLV)

Wat laat jou besluit wanneer iemand jou hulp verdien? Niks meer as hul menslikheid, hul broosheid en die feit dat hulle, nes ek en jy, na God se beeld geskape is nie. Niks meer as dit nie.

En ek weet, glo my, ek weet, hoe maklik dit is om hulle met ‘n kluitjie in die riet te stuur omdat dit ongerieflik is; omdat jy besig is, want … wel, om enige aantal redes.

Maar weet jy, dit is so 'n ongelooflike seën om iemand in hul tyd van nood te kan help. En dit hoef nie noodwendig met geld te wees nie; nee, net 'n vriendelike woord; 'n koppie koffie, 'n geselsie; eenvoudige beleefdheid of praktiese hulp. Op daardie oomblik is jou hand God se hand vir daardie persoon.

My vriend, Toni Gattari, het eenkeer gesê: om te gee is om te lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY