God se Woord VARS vir jou Vandag

Maak Jou Las Lig

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2437

Send us a text

Handelinge 3:19,20 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. 

Ons gaan almal op ‘n manier onder die een of ander las gebuk. Vir sommige van ons is dit inderdaad ‘n swaar las. Vir ander, nie so swaar nie; maar selfs ligter laste is geneig om jou spoed te breek en om die huppel uit jou stap te neem.

En hoe langer ons aan 'n las dra, hoe swaarder word dit. Daar is 'n ou Engelse gesang wat met die lirieke begin: Wil jy vry wees van jou sondelas?

Miskien het jy nie jou sonde – jou swakhede, jou foute, jou mislukkings – as ‘n "las" beskou nie, maar dit is presies wat dit is. Hulle is lood in jou saalsakke en hulle word inderdaad swaarder namate meer lood bykom en namate jy daardie, steeds toenemende las, al langer en langer ronddra.

Nouja, wat is die antwoord? Wanneer jy siek en sat is daarvan, is die eintlike vraag: "Hoe raak ek van die lood ontslae? Hoe maak ek my las ligter?” Wel, hier is die antwoord:

Handelinge 3:19,20 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en Hy sal Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. 

“Bekeer” … dit klink mos soos 'n outydse woord wat in die godsdienstige verlede hoort. Maar dit beteken letterlik om jou gedagtes te vernuwe, om radikaal na God terug te keer; om vir eens en vir altyd te besluit dat om daardie sondes te pleeg, eenvoudig nie die moeite werd is nie.

En wanneer jy dit doen, wanneer jy terugdraai, wanneer jy in die Teenwoordigheid van God rus vind … sal God se eie Teenwoordigheid vir jou tye van verkwikking bring. Is dit nie wat ons almal broodnodig het nie?

Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY