God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Geheim van God se Rus

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2444

Send us a text

Hebreërs 4:1 God se belofte dat ons sy rus kan binnegaan, staan nog steeds. Daarom moet ons oppas dat dit nie dalk blyk dat een van julle langs die pad agtergebly het nie. (NLV) 

Moegheid is tans een van die grootste pandemies wat die wêreld teister. Ons het in die verlede meer skouspelagtige pandemies, soos die COVID gesien kom en gaan, maar moegheid dra elke jaar tot meer sterftes by as wat COVID ooit gedoen het.

Honderde miljoene mense dwarsdeur die wêreld ly op hierdie oomblik aan slaapversteurings soos slaap-apnee, slapeloosheid en rustelose-been-sindroom, om maar net ‘n paar te noem. En ons weet dat 'n gebrek aan slaap jou risiko aansienlik verhoog om baie lewensbedreigende siektes soos vetsug, hartsiektes en diabetes op te doen. 

Hoekom gebeur dit? ‘n Swak dieet en 'n gebrek aan oefening is beslis bydraende faktore. Selfone en blouligbesoedeling word nou ook as 'n groot faktor erken; om nie eers van stres te praat nie! Ons moet beslis daardie fisiese faktore in ons lewens aanspreek.

Maar jy kan al daardie probleme hanteer en tog nog nie rus ervaar nie. Want behalwe vir die fisiese, is daar ook emosionele en geestelike dimensies van rus. Jy weet hoe dit voel. Jy het 'n goeie nag se slaap gehad en jy voel steeds ontsteld, jy voel steeds dat dinge nie heeltemal reg is nie. Gaan na … God toe.

Hebreërs 4:1 God se belofte dat ons sy rus kan binnegaan, staan nog steeds. Daarom moet ons oppas dat dit nie dalk blyk dat een van julle langs die pad agtergebly het nie. (NLV)

Die realiteit is dat jy nie werklik rus kan ervaar tensy jy in 'n regte verhouding met God is nie. Want dit is net in daardie verhouding dat ons sy plek van rus kan ingaan.

Kom nader aan Hom … en jy sal rus vir jou siel vind.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY