God se Woord VARS vir jou Vandag

Vir Wie Sal God Sterk Maak?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2453

Send us a text

2 Kronieke 16:9 Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê. 

Een van die dinge wat ek van God bewonder, is sy begeerte om ons te help; om ons krag te gee wanneer ons swak is; om ons deur situasies te help wat ons nie op ons eie kan baasraak nie. Ek hou daarvan!

En, nog goeie nuus is dat God proaktief in sy begeerte is om te help, om ons te versterk en om ons, te midde van ons omstandighede, oorwinning te gee.

Dink daaroor na. Wanneer jy vir iemand omgee, wanneer jy belangstel in wat hulle sê, leun jy nader, nè? Jy sit vorentoe in jou sitplek. En wanneer jy nie belangstel nie, leun jy terug.

Wel, God is 'n God wat luister. Hy is proaktief. Hy is opsoek na mense wat Hy kan versterk. Maar weet jy, dat Hy nogal selektief is in wie Hy kies. Hier staan dit:

2 Kronieke 16:9 Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê.

Die ‘jy’ in hierdie gedeelte verwys na Asa, die koning van Juda. Hy het, in plaas daarvan om in die geveg op die Here te vertrou, na die koning van Sirië gegaan; met ander woorde, hy was ontrou aan God.

God soek nie noodwendig 'n koning, of die slimste teoloog, of die mees prominente kunstenaar of meneer of mevrou Super- Christen nie. Hy is heeltemal tevrede met gewone, gematigde, maklik-om-mis-te-kyk mense, soos ek en jy wat met hulle hele  hart op Hom vertrou. Hy soek net sulke mense … sodat Hy hulle sterk kan maak.

Onthou dit, volgende keer as jy in die verknorsing sit. Bly getrou aan God en Hy sal jou help.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY