God se Woord VARS vir jou Vandag

Wraak of Restourasie?

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2459

Send us a text

Matteus 18:15 “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 

Dink aan die laaste keer wat jy beledig, verontwaardig en verneder gevoel het. Ja, ek weet daar is baie verskillende oorsake. Soms is jy net in 'n slegte bui en dan kan die kleinste dingetjie jou ontwrig.

Wat ook al die rede, dit blyk redelik gereeld te gebeur, nie waar nie? Dit kan so onbenullig wees soos 'n vriend of familielid wat te lank kuier, of so ‘n ontsettende seer soos diep verraad deur iemand na aan ons ... en alles tussenin.

Wat ook al die sneller is, jy ervaar 'n gevoel van selfgeregtigdheid - jy voel sommer: ek verdien dit nie! Ons ken almal daardie gevoel maar alte goed. Die probleem is die wrok wat ons ontwikkel. Die gevoel van selfgeregtigdheid … ja, dit loop maklik uit op ongewenste resultate. Maar kyk wat sê Jesus in:

Matteus 18:15 “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.

Dis ‘n duidelike teregwysing deur die Een wat weet wat dit beteken om deur iemand verraai te word. Die Een wat na die aarde gekom het om ons van ons sonde, wat tot 'n ewigheid sonder God sou lei, te red.

Hoe tree ons op wanneer iemand ons te na kom? Sweer ons wraak of leef ons in die oorwinning wat Jesus vir ons gebring het? Hoe het jy gereageer die laaste keer toe iemand jou in die gesig gevat het? Was dit met 'n begeerte na wraak, wat spruit uit selfgeregtigheid, of met 'n Christus-gesinde verlange na herstel?

As iemand jou te na kom, sê dit vir hulle – privaat en sagkens. As hulle luister, dan het jy bygedra om die verhouding te herstel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY