God se Woord VARS vir jou Vandag

Maklik Mislei

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2461

Send us a text

Efesiërs 6:17 … Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. 

Ek wil jou vandag met ‘n interessante idee konfronteer en vra wat jy dink. Hier is dit: Enige Christen wat nie besef dat hy op 'n geestelike slagveld lewe nie, mislei homself.

Nouja, wat het jy gedink? Het jy saamgestem of gedink: "Nee wat, dis mal, dis die gevaarlike fundamentaliste wat dit glo." Goed. Dis jou volle reg om so te dink. Maar wat is die realiteit? Ons weet dat die hele Evangelie op twee beginsels berus: Jy moet met jou hele hart vir God liefhê en vir jou naaste net soveel omgee soos vir jouself.

Dit klink redelik eenvoudig … maar in 'n wêreld waar gevoelens toenemend waardes troef, word dit al hoe moeiliker om daardie twee eenvoudige beginsels uit te leef. Om God lief te hê en om mense lief te hê … glo my, dis harde werk. Dit behels opoffering. En so baie mense, wat hulself as Christene beskou, het hul liefde vir God en hul naaste vir 'n lewe van gerief en selfsug verruil.

Ek het onlangs iemand hoor sê dat die gemiddelde kerkganger maklik verlei word deur enigiets wat as "Christelik" bestempel word, omdat hulle nie God se Woord self bestudeer nie. Dit veroorsaak dat hulle maklik om die bos gelei word. Jy sien dit deesdae nogal dikwels gebeur.

Vergifnis, vriendelikheid, opoffering, eer en vrygewigheid … dit is verdwynende waardes, nie net in die breë samelewing nie, maar ongelukkig ook binne die kerk. Maar hoe kan ons terugkeer na wat dit werklik beteken om Jesus te volg ...

Efesiërs 6:17 …  Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

Jy kan die versekering hê dat jy in Christus vergewe, gered en geroep is om in alle ewigheid in sy Teenwoordigheid te leef. Maak seker dat jy die Woord van God eerstehands ken, sodat jy nie mislei word nie en dat jy 'n lewe met liefde vir Hom en jou naaste kan lei.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY