
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
‘n Verkeerde Beeld van God
Galasiërs 3:26,27 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.
In hierdie wêreld, vol luukse goedere soos handsakke, skoene, klere, ensovoorts, is daar 'n massiewe en groeiende bedryf wat bestaan uit die vervaardiging en smokkel van nagemaakte produkte. Vervalsings van bekende handelsmerke word oral as die ware Jakob bemark.
Ek is nie behep met luukse goedere nie. Dit het nooit vir my sin gemaak om duisende dollars vir 'n handsak of 'n paar skoene te betaal nie. Maar vanuit 'n kommersiële perspektief, is hierdie - vervalste goedere (“knockoffs”) 'n bedrieglike wanvoorstelling van die waarheid. Dit is waarom hierdie praktyk in die meeste lande onwettig is.
Hierdie goedkoop nabootsings is op die ou end ook nie so duursaam soos die egte duurder produkte nie.
En wat is nou ons gevolgtrekking? ‘n Nabootsing is ‘n wanvoorstelling en dis nie 'n mooi ding nie. En dit is hoekom daar so ‘n probleem is met Christene wat Christus wanvoorstel. Ons stel Hom verkeerd voor wanneer ons sy naam dra, maar nie sy karakter weerspieël nie.
Galasiërs 3:26,27 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.
Dit is waarom Paulus dan ook in Kolossense 3:12 sê: Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
Mag ek jou vra, as jy in Jesus glo, of jy “beklee is met Christus”? Is jou aard, jou karakter baie soos Jesus s’n, of nie? Wanneer mense jou ervaar, is dit vir hulle soos interaksie met Jesus of met die duiwel? Ons antwoorde op hierdie vrae maak saak … baie saak.
Hoekom? Omdat dit die valse-Christene is wat sy handelsmerk misbruik, wat goedkoop nabootsings van Christus is. Hulle is ‘n wanvoorstelling; durf ek sê, 'n struikelblok, wat mense daarvan weerhou om Jesus self te ken.
Christene, beklee julle met Christus!