God se Woord VARS vir jou Vandag

Geloof Nie Emosies Nie

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2476

Send us a text

Psalm 28:1,2 Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende. Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel. 

Wanneer God ons roep om iets vir Hom te doen, is daar 'n deeltjie van ons wat nog in ons gemaksone wil bly. Daar is 'n traagheid, 'n weerstand, 'n vrees vir wat dit ons kan kos.

As jy in Jesus glo, is daar iets ernstig met jou verkeerd as jy nie al party dae so ‘n bietjie bang of traag, of selfs weerstandig gevoel het, om dít te doen waarvoor Jesus jou roep nie. Hy is nie op soek na trae, onwillige gelowiges nie, maar na dissipels wat bereid is om hul kruis op te neem om Hom te volg waar Hy ook al lei; en om ernstig betrokke te wees by sy taak om 'n verlore en seer wêreld lief te hê en te red.

Jesus was ‘n afstammeling van Koning Dawid. Dawid se pad na die troon van Israel was gekenmerk deur talle benarde situasies. Daar was verskeie aanslae op sy lewe, maar hy het toegewyd en in diepe afhanklikheid God se roeping gehoorsaam. 

In een van daardie vreesaanjaende situasies het Dawid tot God geroep:

Psalm 28:1,2 Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende. Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.

Bruce Wilkinson skryf in sy boek "Jabes se Gebed," Jy sal byna altyd vrees ervaar wanneer jy ‘n nuwe grondgebied vir God begin inneem, maar jy sal ook die geweldige opwinding ervaar omdat jy nooit alleen is nie.

En wat 'n geweldige opwindende vooruitsig is dit nie. Moet dus nie toelaat dat vrees jou keer nie. Volg Jesus waar Hy ook al lei, want dit maak nie saak hoe skrikwekkend dit raak nie, Hy sal jou hoor wanneer jy roep. Hy sal aan jou genade bewys.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY