God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Doodsklok van Verdeeldheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2478

Send us a text

Romeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. 

Daar is niks so lelik soos mense in magsposisies wat hulle mag misbruik nie. Dit gebeur wanneer diegene, wat veronderstel is om in die beste belang van die mense onder hulle sorg, te werk, baklei en uit pure eiebelang, oneerbaar optree.

Ons het almal al te dikwels gesien hoe dit gebeur. Onenigheid is die absolute doodskoot van enige politieke party. Hulle kan nie verwag om 'n verkiesing te wen as binnegevegte hulle uitmekaar skeur nie.

Daardie oneerlikheid steek egter nie net in die politieke arena sy kop uit nie. Jy sien dit ook in plaaslike sportorganisasies of beheerliggame wat komplekse bestuur. Ek was oor die jare by 'n paar van hulle betrokke en die kleinlikheid waarmee mense optree, is ongelooflik.

Maar ongelukkig sien jy dit ook in die kerk, wat veronderstel is om Jesus in 'n verlore en seer wêreld te verteenwoordig. Ek het 'n paar jaar gelede 'n kerk bygewoon (nou nie vir te lank nie, moet ek byvoeg) wat klokslag elke Sondag 'n ander denominasie of tradisie vanaf die kansel gekritiseer het. Kan jy dit glo? Maar luister wat Jesus begeer:

Romeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

Ons roeping is nie om teologiese of kerklike argumente te wen nie. Ons moet saamwerk om eer aan God te bring. En net ingeval jy die drang voel om te argumenteer, onthou dat … Christus jou onvoorwaardelik aanvaar het; en daarom moet jy ook ander mense so aanvaar.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY