
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
Die Verworpenes
Deuteronomium 15:11 Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.”
Kan jy glo; dis amper Kersfees! Trouens, dis presies oor twee weke Kersfees. En terwyl ek en jy dalk na 'n wonderlike feestyd saam met ons gesinne uitsien, is daar baie mense wat niks het om na uit te sien nie.
Ek weet nie hoe jou gesin tydens hierdie tyd voel nie, maar in ons s'n hou ons daarvan om onsself af te vra hoe ons tot seën vir iemand in nood kan wees. Ons dink aan iemand wat sukkel, iemand wat nie hierdie feestyd soos ons gaan geniet nie… iemand wat, in die oë van 'n samelewing, wat deur die aanloklikheid van vryheid, rykdom en sukses verblind is, nie regtig tel nie!
Dis natuurlik nie uitsluitlik hierdie tyd van die jaar wat ‘n mens aan die armes, die behoeftiges, die verlorenes en die verwondes moet dink nie. Enigeen wat in Jesus glo, verstaan die spesiale plek wat Hy in sy hart het vir diegene van die samelewing, wat eenkant toe gestoot word. Maar wanneer ons hierdie Kersseisoen nader om die geboorte van ons Verlosser te vier, is die probleme van hierdie mense inderdaad 'n spesiale saak om aan te dink.
Deuteronomium 15:11 Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.”
Miskien het jy baie, of miskien min, om te gee … maar wat ook al ons omstandighede, ons kan almal liefde, vriendelikheid, begrip en genade gee. En as jy wel die finansiële middele het, soek asseblief iemand en gee mildelik en opofferend, op 'n manier wat hulle lewe sal verander.
. . . daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.