God se Woord VARS vir jou Vandag

Vrygewigheid

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2480

Send us a text

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense. 

Soms, wanneer ek geestelik taamlik suf is, sal ek iets twee of drie keer moet hoor voordat dit my klipkop binnedring en my toelaat om tot aksie oor te gaan. Wat van jou?

Gister het ons gesels oor God se hart vir die armes en die geleentheid wat ons tussen nou en Kersfees het, om uit te reik en iemand wat dalk nie die feesgety soos ons kan geniet nie, te seën. Dit is immers wat God wil hê …

Deuteronomium 15:11  Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.”

Weet jy, dis nie 'n voorstel nie, maar 'n opdrag. Maar jy weet hoe dit gaan. In hierdie gejaagde aanloop tot Kersfees kan selfs God se bevele op dowe ore val.

En kyk, met die rentekoerse wat so onhebbelik hoog is en inflasie wat hoogty vier, is dit so maklik om die opdrag net eenkant toe te skuif. Goed, indien jy reeds vergeet het, hier is dit in:

Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

Ek is mal oor die woord - mededeelsaam! Ons kan ook praat van 'n oorvloeds-mentaliteit. En sien jy, as ons op die God wat bo alles is, die God wat ons liefhet, ons God vertrou, maak dit nie saak hoe broekskeur dinge ook al gaan nie – Hy sal altyd vir ons voorsien. Waarom kan ons almal dan nie bekostig om 'n oorvloeds-mentaliteit te hê nie? Nouja soos jy Kersfees nader, onthou…

Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY