God se Woord VARS vir jou Vandag

Die Honger Menigtes

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet Season 23 Episode 2481

Send us a text

Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” 

Jy maak seker gereed om Kersfees te vier? Natuurlik is daar twee redes om fees te vier: Daar is die Kersvader, die rendiere, die versierings van klatergoud en kalkoene en poedings, of die oorspronklike en die beste rede – die koms van die Verlosser van die wêreld.

Ag nou ja, daar is niks mee verkeerd om albei terselfdertyd te vier nie. Maar as jy werklik glo dat Kersfees gaan oor Jesus en om te onthou hoe Hy een van ons geword het; hoe Hy in ons midde gewandel het en uiteindelik vir ons gesterf het… dan wil ek jou herinner aan die feit dat die wêreld jou fyn dophou.

Hulle wonder of jy en jou gesin bloot 'n fees gaan vier - jy weet, mos, die een waar jy op Kersdag so baie eet en drink dat jy in 'n koskoma beland - en of julle geloof regtig ‘n verskil in julle woonbuurt gaan maak.

Jy dink dalk: Ag nouja, ons bure weet nie eers dat ons Christene is nie … dus is ons veilig van hulle oordeel. Maar as dit waar is, verskoon my dan dat ek so sê, dan is dit 'n baie ernstige aanklag. Jesus sê in:

 

Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Met ander woorde, almal behoort reeds te weet dat jy in Jesus glo, omdat jy liefde aan hulle bewys. Maar het jy opgelet dat mense deesdae nie so baie in die waarheid belangstel nie?

Maar weet jy, mense is honger vir wysheid. Wysheid om te weet hoe om die waarheid toe te pas; om die waarheid uit te leef. . .

As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY