
God se Woord VARS vir jou Vandag
God se Woord VARS vir jou Vandag
DESEMBER 2023 VARS NUUSBRIEF
DESEMBER 2023 VARS NUUSBRIEF – ons eerste op die potgooi
Lees als hier
Vir die afgelope drie en ‘n half jaar word VARS in Afrikaans en FRESH in Zulu, in ‘n groot mate deur Christianityworks vanuit Australië befonds. Christianityworks is self ook op donateurs aangewese vir befondsing.
Ons sê baie dankie aan die paar Afrikaanse donateurs wat maandeliks bydra. Alle bydraes wat aan hierdie FNB-bankrekening gestuur word, word gebruik vir die VARS-produksies wat in Suid-Afrika vertaal, verklank en vervaardig word.
Elke nou en dan ontvang ons 'n brief of 'n e-pos hier by Christianityworks, waarin ons 'n eenvoudige vraag gevra word oor die bediening en geld. Oor die algemeen gaan dit iets soos volg:
As Christianityworks wel ‘n “geloofsbediening” is, as julle regtig glo dat God in al julle behoeftes sal voorsien – hoekom vra julle my vir geld? Hoekom vertrou julle nie net op God nie?
Die realiteit is dat Christianityworks net elf betaalde personeellede regoor die wêreld het. Baie funksies (ateljees, produksies, ontwerp, proeflees, ens.) word uitgekontrakteer om by spesifieke behoeftes aan te pas en om julle bydraes ten beste te benut. Ons werk met 'n knap begroting en doen ons bes om God te eer deur elke geskenk - dit maak absoluut geen saak hoe groot of klein dit is nie - te gebruik om die Goeie Nuus van Jesus deur die media aan 'n wêreldwye gehoor van letterlik miljoene mense elke week te verkondig.
Ons wil jou graag uitnooi om prakties deel van Christianityworks te wees. Ons wil nie jou arm draai nie. Ons wil jou nie skuldig laat voel as jy nie kan gee nie. Die Bybel leer ons dat God se normale praktyk is om sy kinders by die finansiering van sy werk te betrek. (Sien Eks 25:1,2, Mat 6:33, 2 Kor 8: 1-15) en nog baie meer.
Hier by Christianityworks word nie 'n sent vermors nie. Wees dus gerus dat jou bydrae tot sy eer gebruik sal word! Gaan na Cristianityworks.co.za as jy graag met ons wil saamwerk om die Evangelie van Jesus te verkondig, of jy kan by SA FNB rekening 6286 0951 550 ‘n bydrae maak.
As jy graag ons nuusbriewe per epos wil ontvang, dis maklik, klik op hierdie skakel in die potgooi notas - https://form.jotform.com/233443021475550
Ons waardeer julle voorbidding vir die bediening!
Seënwense vir die feesseisoen
Die VARS-span
Bank: First National Bank (FNB)
Rekening naam: Christianityworks NPC
Takkode: 250655
Rekeningnommer: 6286 0951 550 of
https://christianityworks.co.za/donate/